finansiële adviseurs | saam met jou: end-uit

 
 
 
 

1. Eksklusiwiteit

PPS is uitsluitlik beskikbaar vir gegradueerde professionele persone. Statistiek het bewys dat professionele persone nie so gereeld eis vir ongeskiktheidsvoordele as nie-professionele persone nie, en dit versterk die organisasie se algehele finansiële posisie.

2. Versekerbare belang

Jy kan jou “Bruto Professionele Inkomste” of “Totale Koste vir Maatskappy” beskerm, en nie slegs jou belasbare inkomste nie. Sommige ander versekeringsmaatskappye plaas ‘n beperking op die tipe inkomste wat hulle bereid is om te beskerm.

3. Afspeling van voordele

Wanneer jy by PPS eis vir ongeskiktheidsvoordele word dit nie afgespeel teen ander inkomste wat jy moontlik kan ontvang nie (voordele by jou werkgewer asook ander private versekeringsvoordele). Sommige ander versekeringsmaatskappye verminder wel jou voordele wat jy by hulle het met enige uitbetalings wat jy vanaf ander bronne ontvang. 

4. Vertweenwoordiging

PPS lede het verteenwoordiging op die direksie en dit versterk PPS lede se belang in die organisasie. By ander versekeringsmaatskappye is jy net ‘n polishouer en het jy baie min invloed oor die bestuur van die organisasie en in watter rigting die organisasie beweeg.

5. Buitelandse aktiwiteite

Daar is geen beladings of uitsluitings as jy in die buiteland reis, werk of selfs emigreer nie, ongeag na watter land en vir watter tydperk. Sommige ander versekeringsmaatskappye bied ook internasionale dekking met baie spesiale voorwaardes wat eers nagekom moet word, en sommige lande word uitdruklik uitgesluit.

6. “Gevaarlike stokperdjies”

Daar is geen beladings of uitsluitings op “gevaarlike stokperdjies” by aanvaarding of in die toekoms nie. Dit sluit gewoonlik motorsporte, “quad biking”, ligte passasiersvaart, skubaduik, bergklim, bergfiets wedrenne en abseiling in. Die meeste ander versekeringsmaatskappye vereis dat jy bykomende dekking moet uitneem wat moontlik baie duurder kan wees. Sommige versekeraars weier selfs in geheel om dekking vir sulke aktiwiteite te bied.

7. Buigsaamheid

Lede kan premies stop en weer herstel sonder enige onderskrywing wanneer hulle tydelike finansiële probleme ondervind (onderhewig aan vereistes). Sommige ander versekeringsmaatskappye is baie regied en laat individue nie toe om premies te stop en herstel nie.

8. Siekte-en hospitaaleise

Geen bewys van verlies van inkomste benodig vir siekte-eise en hospitaal-eise word benodig nie, slegs ‘n geldige mediese sertifikaat. Jy kan dus selfs op vakansie wees en steeds eis. Die siekte-eis voordeel is beskikbaar vir jou hele lewe en staak nie op 65 nie (solank jy steeds jou spesifieke beroep beoefen). Gedeeltelike siekte-eise is beskikbaar as jy slegs deeltyds na jou werk kan terugkeer.

9. “Occupation Specific Rider Benefit” (‘OSRB’)

Die OSRB voordeel verhoog ‘n permanente ongeskiktheidseis outomaties na 100%. Wanneer ‘n eis toegestaan is in terme van OSRB word dit NOOIT weer hersien nie, selfs al is jy weer in staat om jou eie beroep te beoefen en ‘n inkomste te verdien. Dit is dus ‘n gewaarborgde uitbetaling tot ouderdom 65.

10. Surplus Kortingsrekening (‘SKR’)

PPS het nie enige eksterne aandeelhouers nie en die polishouers "besit" in effek die maatskappy deurdat hulle deel in die netto bedryfswins en beleggingsopbrengs van PPS. Hierdie model is onvergelykbaar in die Suid-Afrikaanse langtermyn versekeringsindustrie.