finansiële adviseurs | saam met jou: end-uit

 
 
 
 

Inleiding

“Risiko versekering behels die deel van risikos met ander individue wat premies in 'n poel van fondse by ʼn versekeringsmaatskappy inbetaal. Wanneer die onverwagse gebeur trek die versekerde dan 'n monetêre voordeel vanuit hierdie poel. Die doel van risiko versekering is nie om die polishouer ryk te maak nie. In teenstelling met gewilde opvattings word baie individue medies ongeskik of sterf wanneer hulle relatief jonk is.

As u gelukkig is sal u nooit voordele hoef te eis van hierdie produkte nie. Dit beteken egter nie dat u vrugteloos premies betaal het nie. U sou baie jare se gemoedsrus gehad het met die wete dat beide u en u familie nie in finansiële puin gedompel sou gewees het as die onverwagse wel gebeur het nie. Sekere maatskappye gee boonop, onderhewig aan sekere bepalings en voorwaardes, ʼn wesenlike gedeelte van u premies belastingvry aan u terug wanneer u aftree.

By verskillende stadiums van u lewe sal u verskillende risiko versekering voordele benodig, en hierdie veranderlikes moet gereeld hersien word wanneer u omstandighede wesenlik verander (huwelik, geboorte, dood, egskeiding, salarisverhogings, bedank by werk).”

Risiko versekering